Welkom familie en vriende

Ouma Babs se kombuis was 'n plek vol lekker kos, lekker soetgoed en lekker kuier.

Dorothea Susanna Wilhelmina Lotz was gebore in Bergville, Natal. Haar pa was ‘n polisieman, maar het rand toe verhuis en op die myne gewerk. Hulle het in Springs gebly en Ouma Baps het aan Hugenote Hoërskool matriek geskryf.

‘n Engelse dame het op ‘n dag vir haar as ‘n baba gesê: “What a fat little baba!”. Haar noemnaam opskool was Doortje, maar vir naby familie was dit altyd Baba. Oupa Daan het haar Baps genoem en dus het sy Ouma Baps geword vir haar kleinkinders.

Die kombuis is die hart van elke kultuur en gemeenskap. Reg oor die wêreld is die kombuis die plek waar jy tuis, gemaklik en veilig voel. Ouma Babs se resepte word al vir jare geniet deur vriende en familie. Hierdie weblad is opgedra aan Ouma Baps en haar heerlike resepte wat nog vir baie generasies gaan bederf!

Ouma Baps
OumaBapsSeResepte | Heerlike resepte vir vriende an familie ©, 2019